enigeenkanorgideekweekaEnigeen kan Orgideë kweek – Nollie Cilliers & Tinus Oberholzer – R195

Al die inligting wat jy nodig het om jou orgideë te versorg, of jy nou 'n groentjie of evare kweker is. Orgideë was lank die domein van spesialiskwekers, maar is deesdae so gewild dat hulle tans beskou word as uiters geskikte plante vir die massamark, en kan by kwekerye, supermarkte en bloemiste gekoop word.

Die meeste orgideë word as geskenk ontvang deur mense wat nog nooit een gekweek het of aan die lewe kon hou nie, wat nog te sê dit vir 'n tweede keer te laat blom! Maar as die regte kweekaanwysings gevolg word, kan enigiemand op enige plek orgideë kweek en vir lang tydperke aan die blom hou.

Hierdie boek bevat al die inligting wat jy nodig het om jou orgideë te versorg, of jy nou 'n groentjie of evare kweker is. Dit fokus op Suid-Afrikaanse toestande met 'n plantseleksie was konsentreer op orgideë wat plaaslik goed sal groei. Die inligting is duidelik en eenvoudig, en dek alle aspekte van die kweek van orgideë sodat jy jou plante gelukkig kan hou en kan verseker dat hulle weer blom.

Die inhoud sluit die volgende in:

• Wat maak orgideë anders as ander plante
• Die kweek van orgideë, van groeimengsels tot voortplanting en hibridisering
• Herkenning en hantering van peste en plae
• Gids tot die hooforgideegroepe, veral dié wat algemeen beskikbaar is, met volledige inligting oor die kweek en versorging daarvan
• Metgeselplante vir orgideë: plante wat in dieselfde groeitoestande gedy

Pragfoto's illustreer meer as 420 orgideespesies en -hibriede in die boek, en heelwat daarvan is spesiaal vir die boek geneem. Enigieen kan orgideë kweek bied dus hope visuele inspirasie saam met uitstekende praktiese inligting. Dit sal jou help om die perfekte orgideë te vind en dit maklik maak om hulle in die beste moontlike kondisie te hou.

~ Terug na die Boekwinkel ~

Om te bestel, kontak:

The Secretary
South African Orchid Council
PO Box 85
Edenvale
1610
SOUTH AFRICA 
Tel/Fax: +27 (0)11 452 0600 
of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. ons u versoek

image